All Photos - Fotos deur ons lede - ons versoek dat lede asseblief nie meer as 2 fotos per dag laai n

Web Name: All Photos - Fotos deur ons lede - ons versoek dat lede asseblief nie meer as 2 fotos per dag laai n

WebSite: http://fotoskool.co.za

ID:175134

Keywords:

lede,ons,dat,

Description:

Johan Ayres 'n Baie mooi aksiefoto met baie mooi kleur. Die lang lens het die agtergrond baie mooi uit-fokus gegooi om die gemsbokke mooi te laat uitstaan. 5 hours ago Hennie Cronjé Dis pragtig! Baie goed uitgevoer met mooi kleure. Die velddiepte kon bietjie groter gewees het, maar soos dit is, is dit ook goed. Baie mooi! 9 hours ago 27/02/2021 om 10:57  Nikon CoolPix P900  1/500  Fokale lengte 321.0mm  f//8.0  ISO:400Baie dankie dat ek 'n beter punt gekry het vir my huiswerk  :-) Tina le Grange Baie dankie Hennie dat jy uitwys dat die fokus nie skerp genoeg is nie. Ekself het ook gehoop dit kon skerper wees. Ongelukkig is meeste van my diere-foto's geneem vanaf die veld-voertuig en met ander persone ook somtyds saam, moet 'n mens maar so… 7 hours ago Hennie Cronjé Jou idee was baie goed en die komposisie is goed, asook die beligting en kleure. Dis net die fokus wat nie heeltemal skerp is nie. Wanneer mens oor 'n groot afstand fotografeer, raak kamera beweging al belangriker en raak 'n driepoot ook al… 9 hours ago Josef Steyn Die tweetjies is regtig baie liefies!!! 'n Mooi oomblik vasgevang Tina. 9 hours ago Hennie Cronjé Wat 'n pragtige skoenlapper - en foto! Dis baie goed uitgevoer in alle opsigte. Mooi! 9 hours ago Tina le Grange Ingrid werklik pragtig en kleurversadiging puik Baie goeie eenvoud. Bly saam met jou dat jy hierdie outjie kon kry. 10 hours ago Nog 'n beeld uit dieselfde klipkoppie wat ek gister genoem het. Die beelde het voortdurend verander en kan mens lank besig hou. Johan Ayres Jy kry dit reg om met 'n geoefende oog die potensiaal vir 'n mooi foto in iets doodgewoon raak te sien. Hierdie lyk soos 'n lugfoto van 'n plantasie. (Nie kritek op die foto nie, ek wonder net of dit nie dalk sal bydra tot die simmetrie van die foto… 5 hours ago Josef Steyn Dis iets heel besonders Hennie. Baie mooi en goed gedoen. 9 hours ago Tina le Grange Hennie die skakerings van groen lyk of dit ingeweef is met die mooi helder wit rondom.Weer eens pragtig skerp. 10 hours ago Gerrie Lambrechts Regtig ierts besonders ek glo mens kan tonne foto's neem. Baie mooi kleure en foto. 13 hours ago Dit het gereën en die teëls is nat. Met JJ se tulp sien ek hoe goed die swart lap ook hier sal werk. Ek sal weer probeer wanneer die teëls droog is. Hope;lik is die blommetjies nog daar. Tina le Grange Pragtige foto met goeie komposisie en die blare en blom staan mooi uit. Al is die agtergrond nie hier swart nie gee dit wel goeie eenvoud en goeie kontras. Alhoewel wit moeilik is, wys die tekstuur - baie goed gedoen my sussie. 10 hours ago Magda van der Merwe Gerrie dis n baie mooi foto. Goed gedoen. 10 hours ago Gerrie Lambrechts Dankie Hennie, sal die swart lap uithaal. 13 hours ago Hennie Cronjé Dit lyk my die reën het die swart lap bruin gemaak - seker die modder!!! Maar dis 'n pragtige foto. Baie sierlik met mooi skerp fokus en mooi kleure. Baie goed gedoen! 14 hours ago Johan Ayres Die klein bietjie kleur tussen die mis in baie van jou foto's in hierdie reeks is dikwels die ster van die foto wat net daardie bietjie ekstra gee. Die komposisie is weereens uitstekend hier. 5 hours ago Tina le Grange Josef, hierdie Blombos wat ons nie ken nie is 'n pragtige roete. Ek hou van die diagonale komposisie vanuit die besondere rotsformasie se linkerhoek, dan raai ek dit is Elsa wat daar sit en dan die afsluiting waar die mistigheid begin. Die kontras… 10 hours ago Magda van der Merwe Dis baie mooi Josef. Die mistigheid maak die foto besonders 10 hours ago Hennie Cronjé Dit lyk regtig na 'n baie mooi en interessante roete. Hierdie foto is baie goed uitgevoer met 'n goeie komposisie. Baie mooi! 14 hours ago Johan Ayres Kleurvol, warm kleure met 'n perfekte agtergrond. 5 hours ago Tina le Grange Herman, ek was in en uit ons klas omdat ons 'n paar keer weggewees het, maar is bly dat jy ook nog in ons klas is.Pragtige foto - alles werk goed saam. Treffend dat die by en die blomme skerp is. 10 hours ago Hennie Cronjé Dis pragtig, met 'n goeie komposisie. Mooi skerp op die by se voorkant met goeie beligting en mooi kleure. Ook goeie blur van die agtergrond. Mooi! 14 hours ago Ek het hierdie outjie teen die blou lug in geneem met die son as trubeligting van skuins agter. Hy is ongeveer so groot soos my duimnael.  Tina le Grange Johan ek stem saam met ons ander lede; goudklas!!! 10 hours ago Josef Steyn Interessante gediertetjie. Nog nooit gesien nie. Pragtige foto met verstommende detail. 18 hours ago Hennie Cronjé Later: ek kyk weer en weer na hierdie foto. Dis verstommend. Sy houding, die oë wat so uitpeul, die patroontjie op sy rug ...... alles saam net ‘n klein wonderwerkie! Boonop is hy met iets besig, wat dit nog interessanter maak. 20 hours ago Hennie Cronjé Wat ‘n interessante spinnekoppie! Ek moet jou gelukwens met hierdie foto. Dis werklik uitstekend uitgevoer - ‘n skitterfoto! Die komposisie, agtergrond en mooi skerp fokus regdeur, maak indruk. Baie mooi! 20 hours ago Tina le Grange JJ, komposisie is puik, pragtig skerp wat die fyn tekstuur wys en swart agtergrond versterk die eenvoud 10 hours ago Hennie Cronjé Pragtig! Uitstekend uitgevoer in alle opsigte. Die beligting en kleure is baie goed. Mooi! 20 hours ago Johan Ayres Weereens pragtige lig met baie goeie skaduwees wat goeie definisie aan die foto gee. 'n Klassieke en pragtige foto. yesterday Tina le Grange JJ ek stem saam met Johan en Hennie; Die kleurversadiging is ook treffend. 10 hours ago Hennie Cronjé Dis pragtig, met uitstekende beligting! Die meeldrade in die middel met die rooi wat na buite uitstraal, is baie goeie ontwerp. Baie mooi! 20 hours ago Johan Ayres Pragtige makro met net die rgete beligting om baie mooi detail selfs in die geel te behou. Ek hou van die sirkels, die foto het 'n pragtige ontwerp. yesterday Die watergate was soos altyd veral bedrywig met ons geveerde vriende , gelukkig het die jong koedoes ook kom kuier Tina le Grange Johan ek stem saam met ons ander ledeVeral die skerp fokus is skitterend asook die blink ogie 10 hours ago Hennie Cronjé Dis pragtig! Die foto is baie goed uitgevoer. Jy kon ook meer gemaak het van die weerkaatsing, maar soos dit nou is, is dit ook reg en baie mooi. Die kleure is baie goed versadig en die fokus mooi skerp. Goed gedoen! 20 hours ago Johan Ayres Superskerp met uitstekende kleure en pragtige weerkaatsing. yesterday Ek was besig om bye af te neem toe hierdie een op 'n hoër versnelling aankom. hy sit egter nie lank stil nie. Kyk net die groot oë. Hennie Cronjé Jy het die by baie mooi skerp gevang met goeie beligting. Daardie oë is treffend. Baie mooi! 20 hours ago JJ Jy het goed gedoen met die een. (Sny dalk so bietjie weg aan die linker kant) yesterday Baie dankie Josef, Gerrie en Hennie.Hennie dankie vir jou wenke - ek het die levels gebruik vir die voorgrond en dan ook hier en daar die Kameelperd donkerder gemaak. Hennie Cronjé Dis pragtig en ook baie goed uitgevoer. Die voorgrond is nou veel beteer - dit trek gladnie meer mens se aandag weg van die kameelperd nie. Dit wys net weer: klein dingetjies kan ‘n groot verskil maak. Dankie vir jou moeite. 20 hours ago Tina le Grange Baie dankie Magda; dit was so lekker om die Kameelperd in hierdie posisie te sien. yesterday Magda van der Merwe Tina dis n baie mooi foto. Alles is reg gedoen yesterday As 'n mens onder die boog staan kan jy die see voor en agter jou sien. Die rots het ook baie mooi struktuur. Johan Ayres Die interessante rots vorm 'n baie mooi natuurlike raam wat die fokus outomaties op die stappers vestig vir 'n baie mooi foto. yesterday Tina le Grange Josef, 'n besondere toneel met die mistigheid agter en die stappers se klere wat mooi uitstaan Die tekstuur, komposisie en sandkleur van die rots is treffend. yesterday Hennie Cronjé Dis 'n pragtige foto met 'n goeie komposisie. Daar's 'n denkbeeldige lyn van die man met diie wit klere na die vrou met die swart klere en dan agtertoe deur die boog. Dis baie mooi en goed gedoen. Tegnies is die foto ook baie goed uitgevoer. Mooi! yesterday Hello, you need to enable JavaScript to use Fotoskool. Please check your browser settings or contact your system administrator.

TAGS:lede ons dat 

<<< Thank you for your visit >>>

Kom loer gerus en lewer kommentaar...

Websites to related :
Blitz | The UK's Leading Martial

  Blitz, The UK s Leading Martial Arts Equipment Supplier Welcome to Blitz, the UK s leading supplier of premium and approved martial arts equipment. Wh

NAC Products | Crack Isolation,

  Since the introduction of our ECB® membrane more than 35 years ago, we’ve worked to revolutionize the way decorative flooring is installed and speci

Attachments For Construction Equ

  Attachments for construction, demolition, logging, mining and material handling at The Attachment MarketplaceWelcome to Attachmart.com, the marketplac

Titan Attachments™ | Pallet For

  NEW LOOK. SAME TRUSTED BRAND. In celebration of our new look, save up to 30% off on select attachments SHOP ATTACHMENTS Sign Me Up Be the first to k

Trussel's EclectiCity

  Click on NEW! to see what's been added/updated.This no-frames version is not regularly updated, but does link to the main, frames version[Two Women, b

Houston Barbecue Events - BBQ Fe

  If you chose to roll-over your tickets from the previous festival, they are still good. Details to come! HOUBBQ is an independent, local organization

Murray Lighting Electrical Supp

  Free shipping available See product page for items with Free Shipping eligibility Fast easy returns Submit your return request on the Shipping Returns

Catholics United for the Faith

  To Unite the Faithful From All Walks of Life in Order to Support, Defend and Advance the Efforts of the Teaching Church Catholics United for the Faith

Lighthouses: Lighthouse Gifts/Li

  Online Shopping For Lighthouse Lovers.Art, Sculptures, Gifts, Collectables, Tables and More.A division of the Seven Dolphins Network!Guaranteed Secure

Cindy Drozda - The Fine Art of W

  Metal Machining for Woodworkers - Session #1 Saturday May 15, 1:00 pm Eastern US Time More information, and notes to download

ads

Hot Websites